Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Tyd en die Klein Karoo" deur FERDI GREYLING
"Tyd en die Klein Karoo" deur FERDI GREYLING [boodskap #54429] Thu, 06 December 2001 22:36
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

TYD EN DIE KLEIN KAROO
Ferdi Greyling

Ek het die son ge-eet
wat groen druppels
aan die wingerd hang.

Blou vibreer die land
tot teen die berge
wat in die noorde klop.

Die huise hier
is baksteenskepe
wat dobber op dae.

Snags bo die veld
kolk die sterre
strome in die tyd.

Anderkant, by Calitzdorp,
het tyd lank reeds sy groen gety
deur die bruin grond gedruk.
Vorige onderwerp: "In die Slamse buurt" deur I.D. DU PLESSIS
Volgende onderwerp: "Kersfees in die Ouetehuis" deur DONALD RIEKERT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 22 13:43:14 UTC 2024